Die wêreld in foto’s – 6 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense loop verby nuwe versperrings wat op die Waterloo-brug in Londen aangebring is ná Saterdagaand se terreuraanval in dié stad. Foto: Matt Dunham, AP

Kinders betoog Dinsdag by die wetgewer in Hongkong teen olifante wat gestroop word vir hul ivoor. Veldwagters van reservate in Afrika doen tans ʼn beroep op wetgewers in Hongkong om ʼn verbod op ivoorverkope in te stel. Foto: Kin Cheung, AP

Pres. Moon Jae-in van Suid-Korea brand Dinsdag wierook tydens die jaarlikse herdenking van die Koreaanse oorlog. Dié plegtigheid is by die nasionale begraafplaas in Seoel gehou. Foto: Baek Seun-Ryul, AP

ʼn Student lees uit die Koran tydens die viering van Ramadan in die Al-Ashriyyah Nurul Iman-kosskool in Parung, Wes-Java, Indonesië. oslems reg oor die wêreld vier tans Ramadan wat onder meer beteken dat hulle van sonop tot sononder vas. Dit sluit eet, drink en rook in. Foto: Tatan Syuflana, AP

Yayoi Kusama: Life is the Heart of a Rainbow, ʼn uitstalling deur die Japanse kunstenaar Yayoi Kusama, begin op 9 Junie in die nasionale kunsmuseum in Singapoer. Dié uitstalling duur tot 3 September. Foto: Dan Chih Wey, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Julle foto van die dame met die sambreel in die koue, nat straat is seker een van die mooiste wat jul ooit geplaas het. Net so ‘n mooi foto van die Koranlesertjie. Baie dankie, Maroela.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.