Die wêreld in foto’s – 6 Junie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Giuseppe Conte, die Italiaanse premier (links), en Giovanni Tria, die Italiaanse minister van ekonomie, gesels Woensdag by die Laerhuis in Rome voor ʼn verkiesing oor die regering se program. Conte sal die Laerhuis toespreek ten gunste van ʼn mosie van vertroue in sy regeringsprogram nadat hy dié mosie Dinsdagaand by die senaat gewen het. (Foto: Riccardo Antimiani / ANSA via AP)

Die Amerikaanse ruimtevaarder Serena Aunon-Chancellor, ʼn lid van die ekspedisiespan na die Internasionale Ruimtestasie (ISS), waai vanuit ʼn bus voor die bekendstelling van die Sojoez MS-09-ruimteskip by die Russiese Baikonoer-ruimtelanseringsentrum in Kazakstan. (Foto: Shamil Zhumatov, AP)

Lede van die erewag hou vlae op terwyl hulle wag vir die koms van Kirgisië se president, Sooronbay Jeenbekov, tydens ʼn verwelkomingseremonie buite die Groot Saal van die Mense in Beijing. (Foto: Andy Wong, AP)

’n Uitsig oor Singapoer se sakekern. Die Amerikaanse president, Donald Trump, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, sal volgende week by die Capella Hotel, ʼn luukse oord op die Sentosa-eiland van Singapoer, byeenkom vir kernwapen-samesprekings, het die Withuis Dinsdag bevestig. (Foto: Wong Maye-E, AP)

ʼn Afghaanse Moslem lees verse uit die Koran in ʼn moskee tydens Itikaf, die laaste tien dae van Ramadaan, in Kaboel, Afghanistan. Die tydperk van Itikaf is volgens talle Moslems baie belangrik weens die oortuiging dat die profeet Mohammed hom in hierdie tyd nog meer aan aanbidding toegewy het in die hoop om hom nader aan God te vestig. Itikaf behels algehele toewyding tot aanbidding en die lees van die Koran. (Foto: Rahmat Gul, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.