Die wêreld in foto’s – 6 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kijivu, ʼn gorilla wat behoort tot die subspesie wat gewoonlik in Sentraal-Afrika voorkom, lek ʼn ysblok met vrugte om af te koel op ʼn warm dag in die dieretuin in die Tsjeggiese stad Praag. (Foto: Petr David Josek, AP)

ʼn Amerikaanse vlag teen sonop as deel van die 75ste herdenking van D-dag op Omaha-strand in Vierville-sur-Mer, Normandië, Frankryk. Wêreldleiers het Donderdag in Frankryk bymekaargekom om dié gebeurtenis in 1944 te gedenk. (Foto: Maxence Piel, AP)

Roemenië se Simona Halep speel ʼn hou teen Amerika se Amanda Anisimova tydens die kwarteindstryd in die Franse Ope op Roland Garros in Parys. (Foto: Michel Euler, AP)

Sonsopkoms oor die Taunus-heuwels naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Australië se Steve Smith slaan ʼn hou in die Wêreldbeker-krieketwedstryd tussen Australië en Wes-Indië op Trent Bridge in Nottingham. (Foto: Rui Vieira, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.