Die wêreld in foto’s – 6 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Werker maak Dinsdag tradisionele uitgeholde noedels by ’n noedel-maatskappy in Suiyang in die Guizhou-provinsie in die suidweste van China. Suiyang se tradisionele uitgeholde noedels is in ʼn winsgewende onderneming omskep wat help om die plaaslike indiensnemingskoers en persoonlike inkomste te verhoog. (Foto: Ou Dongqu, Xinhua)

Afgevaardigdes van Sjanghai tydens die eerste sessie van die 13de nasionale volksvergadering in Beijing, China. Dié vergadering is vir die media oopgestel. (Foto: Jin Liwang, Xinhua)

Toeriste stap oor die Middeleeuse Charles-brug terwyl sneeu in Praag in die Tjeggiese Republiek val. (Foto: Petr David Josek, AP)

’n Fotograaf neem foto’s van ’n pasgetroude paartjie voor die Nyatapole-tempel in Bhaktapur, Nepal. Dié stad is een van dié wat die ergste getref is deur ʼn aardbewing op 25 April 2015. Talle mense is dood en honderde huise en kulturele erfenisgebiede is tydens dié ramp verwoes. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Modelle vertoon Dinsdag skeppings deur die modehuis Chanel se pasklaar 2018/2019-winterreeks in Parys, Frankryk. (Foto: Thibault Camus, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.