Die wêreld in foto’s – 6 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Houthuisies in Freudenberg, sentraal-Duitsland, in die vroeë oggendure. (Foto: Michael Probst, AP)

’n Man dra ’n masker terwyl hy in die middestad van Seoel, Suid-Korea, stap. Die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-in, het ’n gesamentlike projek in samewerking met Sjina voorgestel waarin kunsmatige reën gebruik gaan word om die lug in Seoel skoon te maak. (Foto: Lee Jin-man, AP)

’n Polisierobot is ontplooi in ’n straat in Beijing, Sjina. Hoë sekerheidsmaatreëls is in dié Sjinese hoofstad ingestel aangesien duisende staatsamptenare dié week vir hulle jaarlikse kongres hier gaan vergader. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Sangeres en aanbieder Pixie Lott groet aanhangers terwyl sy by die Britse liefdadigheidsgeleentheid WE Day in Londen aankom. WE Day is ’n inisiatief om jong mense aan te moedig om ’n positiewe bydrae tot die samelewing te maak. (Foto: Jonathan Brady, AP)

Die nuwe Mclaren 720s Spider word ten toon gestel gedurende die persdag by die 89ste Genève Internasionale Motorskou in Genève, Switserland. Die motorskou sal van 7 tot 17 Maart oop wees vir die publiek. Meer as 180 uitstallers neem deel en meer as 100 internasionale en Europese premièremodelle word uitgestal. (Foto: David Mchugh, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.