Die wêreld in foto’s – 6 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Max Schrock van die St. Louis Cardinals groet aanhangers voor ʼn bofbaloefenwedstryd teen die Washington Nationals in West Palm Beach, Florida. (Foto: Julio Cortez, AP)

ʼn Personeellid van die 2020 Tokio Olimpiese Spele was die vloer vir die klimmuur-toetsbyeenkoms in die Aomi-sportpark in Tokio. Die Covid-19-virus het die organiseerders gedwing om verskeie items te kanselleer of uit te stel. Die klimmuurbyeenkoms het egter voortgegaan met enkele beperkings, soos die afwesigheid van elite-atlete. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

ʼn Vrou dans in die White Sands nasionale park by die Holloman-lugmagbasis in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko. (Foto: David Zalubowski, AP)

Betogers lê op die grond tydens ʼn protesoptog buite die Amerikaanse ambassade in Manila, Filippyne. Die groep het ʼn beroep op die regering gedoen om die beplande militêre oefeninge van die Filippyne en die VSA te staak. (Foto: Aaron Favila, AP)

Twee drawwers hardloop verby die Ou Opera in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.