Die wêreld in foto’s – 6 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Vrouens van The Knots of May dans gedurende die Lewes Garland-dag by die Lewes-kasteel in die suidooste van Engeland. (Foto: Andrew Matthews, AP)

Palestyne bekyk die skade aan ʼn huis wat gedurende ʼn missielaanval laataand in die dorpie Beit Lahiya in die noordelike Gasa-strook vernietig is. Die Israeliese weermag het die veiligheidsbeperkings op inwoners in die suide van Israel opgehef terwyl Gasa se heersende Hamas- militante groep beweer dat ʼn wapenstilstandsooreenkoms bereik is om sodoende die dodelikste stryd tussen dié twee partye sedert die 2014-oorlog te beëindig. (Foto: Khalil Hamra, AP)

Studente neem deel aan die middaggebed gedurende die eerste dag van die heilige maand van Ramadan by die Ar-Raudlatul Hasanah Islamic-kosskool in Medan, Noord Sumatra, Indonesië. Moslems wêreldwyd het Maandag met die viering van Ramadan begin – ʼn maand van intense gebed, vas van dagbreek tot sonsondergang en feestelike maaltye in die aand . (Foto: Binsar Bakkara, AP)

Indiese vrouens toon hulle vingers met inkmerke op nadat hulle gestem het op die dorpie Karari in die Kausambi-distrik van die Uttar Pradesh-staat in Indië. Die verkiesing het in Indië afgeskop te midde van skroeiende somertemperature. Streng veiligheidsmaatreëls is in werking gestel in Uttar Pradesh in die noordelike gebied van Indië. Meer as 25 miljoen mense is geregistreer om vanjaar in dié land te stem. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

Modelle in skeppings uit die Ozwald Boateng-versameling gedurende ʼn modeparade by die Apollo-teater in New York. (Foto: Andres Kudacki, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.