Die wêreld in foto’s – 6 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mielieverkopers stoot hul waentjie deur die rookmis in Lahore in Pakistan. (Foto: M Chaudary, AP)

Mense loop deur strate wat oorstroom het in Hoi An in Viëtnam. Tifoon Damrey het talle mense se lewens geëis en dosyne mense word steeds vermis. (Foto: Hau Dinh, AP)

Die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, skryf die Japannese woord “vrede” terwyl die vrou van Shinzo Abe, die eerste premier van Japan, toekyk. Melania woon ʼn kalligrafieklas by ʼn skool in Tokio by. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)

Beeste wei in ʼn veld naby Borgdorf in die noorde van Duitsland. (Foto: Carsten Rehder, AP)

Die son kom op oor Frankfurt in Duitsland. Die Wêreldklimaatkonferensie, wat deur 25 000 mense bygewoon word, begin vandag in Bonn in Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.