Die wêreld in foto’s – 6 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Palestynse betoger bestook Israeliese troepe met klippe in die noordelike Gazastrook naby die grens van Israel. Sowat 21 betogers is Dinsdag in dié aanval beseer van wie agt weens die inasemhaling van traangas en 13 wat geskiet is. (Foto: Xinhua)

Kunstenaars van China se Gestremde Uitvoerende Kunstegeselskap tree op by die Verenigde Nasies se hoofkantoor in New York. (Foto: Li Muzi, Xinhua)

ʼn Naasbestaande strooi Dinsdag blomme gedurende ʼn gebed vir die slagoffers van die Lion Air-vlug 610 op ʼn Indonesiese vlootskip op dieselfde waters waar dié vliegtuig vermoedelik in Tanjung Karawang, Indonesië, neergestort het. (Foto: Tatan Syuflana, AP)

ʼn Foto van pendelaars Dinsdag vroegoggend op die snelweg in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Tsjetsjeense dienspligtiges wat vanjaar in die herfs ingeroep is, berei hulle Dinsdag voor om in Grozny, Rusland, te marsjeer. Alle Russiese mans tussen 18 en 27 jaar oud word verplig om ʼn termyn van 12 maande in die Russiese weermag af te lê. (Foto: Musa Sadulayev, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.