Die wêreld in foto’s – 6 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Olifante en sebras in die Mana Pools Nasionale Park in Zimbabwe eet voer wat deur die Feed Mana-projek beskikbaar gemaak is. Dié diere gaan tans gebuk onder ʼn groot kos- en waterskaarste weens die droogte. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

Cole Bardreau (34) van die New York Islanders vier ʼn strafdoel wat sy span teen Ottawa Senators gekry het in die tweede ronde van ʼn NHL-hokkiewedstryd in New York. (Foto: Mary Altaffer, AP)

Toeskouers wag die Springbokke in by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg met hulle terugkeer na Suid-Afrika. (Foto: Themba Hadebe, AP)

Victoria Sinclaire hou haar kat Toby vas terwyl haar hond Joey na haar kyk in haar huis in Paradise, Kalifornië. Die huis is onlangs herbou ná ʼn verwoestende veldbrand wat die dorp verlede jaar omtrent vernietig het. Toby het dit reggekry om aan die vlamme van die veldbrand te ontkom. (Foto: Rich Pedroncelli, AP)

Mense bid vir betogers wat tydens optogte in Bagdad, Irak, dood is. ʼn Kis is tussen die mense geplaas as simbool van die betogers wat omgekom het. Tienduisende betogers het die afgelope paar weke die strate ingevaar tydens protesoptogte teen die Irakse regering. (Foto: Hadi Mizban, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mooi prentjie ·

Die Springbokke se afwagtende toeskouers is ‘n ongelooflik mooi prentjie en daar is party party poopers wat voel dit is ‘n malligheid oor rugby, maar sowaar kyk net na die foto, ‘n mooi reenboognasie prentjie en dat sport in die geval rugby dit regkry. Al die regses en linkses kan maar net hier kom leer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.