Die wêreld in foto’s – 6 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die McLaren-renjaer, Fernando Alonso van Spanje, hou ʼn kind van ʼn aanhanger vas by die Suzuka-renbaan in Suzuka in Japan. Die Japanese Formule Een Grand Prix vind Sondag daar plaas. Foto: AP Photo/Toru Takahash

Caroline Wozniacki van Denemarke gooi haar raket op die grond nadat sy ʼn punt moes afstaan aan Agnieszka Radwanska van Poland. Hulle speel tans in die China Ope in Beijing. Foto: AP Photo/Andy Wong

Caroline Wozniacki van Denemarke gooi haar raket op die grond nadat sy ʼn punt moes afstaan aan Agnieszka Radwanska van Pole. Hulle speel tans in die Sjinese Ope in Beijing. Foto: AP Photo/Andy Wong

Bunmee, ʼn olifant wat 22 jaar oud is, verf ʼn waterverfskildery met sy slurp in ʼn dierentuin in Bangkok, Thailand. Foto: Xinhua/Rachen Sageamsak

Bunmee, ʼn olifant wat 22 jaar oud is, verf ʼn waterverfskildery met sy slurp in ʼn dierentuin in Bangkok, Thailand. Foto: Xinhua/Rachen Sageamsak

Suid-Koreaanse soldate hang uit ʼn helikopter tydens ʼn teen-terrorisme oefening naby die Jamsil Olimpiese stadion in Seoul. Die oefening is ter voorbereiding vir enige terroriste-aanvalle. Foto: AP Photo/Lee Jin-man

ʼn Aanhanger dra ʼn hoed in die vorm van die Suzuka-renbaan tydens ʼn aanhangersbyeenkoms by die Susuka-renbaan in Japan voordat die Japanese Formule Een Sondag gehou word. Foto: AP Photo/Toru Takahashi

ʼn Aanhanger dra ʼn hoed in die vorm van die Suzuka-renbaan tydens ʼn aanhangersbyeenkoms by die Suzuka-renbaan in Japan voordat die Japanese Formule Een Sondag gehou word. Foto: AP Photo/Toru Takahashi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.