Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Die McLaren-renjaer, Fernando Alonso van Spanje, hou ʼn kind van ʼn aanhanger vas by die Suzuka-renbaan in Suzuka in Japan. Die Japanese Formule Een Grand Prix vind Sondag daar plaas. Foto: AP Photo/Toru Takahash
Caroline Wozniacki van Denemarke gooi haar raket op die grond nadat sy ʼn punt moes afstaan aan Agnieszka Radwanska van Pole. Hulle speel tans in die Sjinese Ope in Beijing. Foto: AP Photo/Andy Wong
Bunmee, ʼn olifant wat 22 jaar oud is, verf ʼn waterverfskildery met sy slurp in ʼn dierentuin in Bangkok, Thailand. Foto: Xinhua/Rachen Sageamsak
Suid-Koreaanse soldate hang uit ʼn helikopter tydens ʼn teen-terrorisme oefening naby die Jamsil Olimpiese stadion in Seoul. Die oefening is ter voorbereiding vir enige terroriste-aanvalle. Foto: AP Photo/Lee Jin-man
ʼn Aanhanger dra ʼn hoed in die vorm van die Suzuka-renbaan tydens ʼn aanhangersbyeenkoms by die Suzuka-renbaan in Japan voordat die Japanese Formule Een Sondag gehou word. Foto: AP Photo/Toru Takahashi
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.