Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Chinese het in die eerste gedeelte van die land se agt dae lange nasionale vakansietydperk 425 miljoen binnelandse reise onderneem.
Volgens China se departement van kultuur en toerisme het die reise wat tydens die land se sogenaamde Goue Week, van 1 tot 7 Oktober, onderneem is, $45,9 miljard in toerisme-inkomste ingebring.

Die Badaling-gedeelte van die Groot Muur van China aan die buitewyke van Beijing. (Foto: Ng Han Guan, AP)