Die wêreld in foto’s – 6 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

/wire.africannewsagency.com

ʼn Foto wat deur die Noord-Koreaanse regering uitgereik is, wys hoe ballistiese missiele afgevuur word van ʼn onbekende plek in Noord-Korea. Drie missiele wat ongeveer 1 000 kilometer afgelê het, het naby Japan te lande gekom. Dié optrede word deur Suid-Koreaanse amptenare gesien as Noord-Koreaanse magsvertoon na aanleiding van die G-20 beraad in China. Foto: Korean Central News Agency/Korea News Service via AP/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Winkeleienaars besig om glasstukke en rommel weg te vee ná ʼn aanval in Kaboel, Afganistan. Een burgerlike en vier aanvallers is dood tydens ʼn skietgeveg nadat ʼn motorbom ontplof het by die kantoor van ʼn internasionale hulporganisasie. Foto: Xinhua/Jawid Omid (nxl)/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Lede van Pakistan se militêre polisie wys hul staal tydens die viering van dié land se verdedigingsdag op 6 September. Met dié dag herdenk Pakistan die oorlog van 1965 met Indië oor die betwiste Kasjmir-streek. Foto: K.M. Chaudary/AP/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Seuntjie neem deel aan die touloop-item tydens die wêreld-nomadiese spele by die Issyk Kul-meer in Cholpon-Ata, Kirgistan. Altesaam 40 lande, wat Rusland en die VSA insluit, neem deel aan dié spele. Foto: Vladimir Voronin/AP/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Pottebakker besig met wielwerk tydens ʼn werksessie in Kaïro, Egipte. Foto: Xinhua/Ahmed Gomaa) (nxl)/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BAREND ·

hoekom geen artikel oor ons volksheld DR H F Vervoerd ? wat nou ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.