Die wêreld in foto’s – 6 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Brandbestryder blus ʼn smeulende voertuig op die Interstate 5 tydens die Delta-brand in die Shasta-Trinity Nasionale Woud in Kalifornië. (Foto: Noah Berger, AP)

ʼn Aktivis vir gay-regte wag Donderdag buite die hooggeregshof in Nieu-Delhi, Indië, waar ʼn vonnis oor artikel 377 van die Indiese Strafreg wat homoseksualiteit strafbaar maak, gelewer moet word. Die hof het Donderdag beslis oor ʼn petisie deur vyf mense onderteken wat sê hulle leef in vrees dat hulle deur die polisie geteister en vervolg sal word. (Foto: Altaf Qadri, AP)

Betogers hou plakkate omhoog van die opposisie-senator Antonio Trillanes IV terwyl sy prokureurs ʼn tydelike interdik by die Filippynse hooggeregshof in Manila indien om die wettigheid te betwis van president Rodrigo Duterte se besluit om amnestie wat aan Trillanes verleen is, terug te trek. (Foto: Bullit Marquez, AP)

David Cronenberg, die regisseur, hou Donderdag sy Golden Lion-leeftydprestasie-toekenning omhoog by die 75ste Venesië-rolprentfees in Venesië, Italië. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Mense kom Donderdag bymekaar om te luister na Jimmie Akesson, leier van die regse party, Sverigedemokraterna, in Motala, Swede. Swede se algemene verkiesing vind op 9 September plaas. (Fredrik Sandberg, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.