Die wêreld in foto’s – 7 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Maha Vajiralongkorn Bodindradebayavarangkun, die Thaise koning, Donderdag in Bangkok waar hy ʼn die land se nuwe grondwet tydens ʼn koninklike geleentheid onderteken het. Foto: Xinhua

Meer as 600 hutte is verwoes in ʼn brand wat Donderdag ʼn Filippynse krotbuurt in die Cavite-provinsie in puin gelê het. Soveel as 1 000 gesinne is tans haweloos. Foto: Rouelle Umali, Xinhua

ʼn Vlugteling Donderdag aan’t gesels met ʼn joernalis aan die Serwiese kant van die grens tussen dié land en Hongarye. Foto: Sandor Ujvari, AP

Sheryl Crow Donderdag in die Bridgestone Arena in Nashville, VSA, tydens ʼn huldekonsert vir Merle Haggard, die Amerikaanse sanger wat ʼn jaar gelede dood is. Foto: Al Wagner, AP

Kersiebloeisels lok talle mense na die Shinjuku Gyoen- nasionale tuin in die Japanse hoofstad, Tokio. Foto: Koji Sasahara, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.