Die wêreld in foto’s – 7 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Frankryk is een van dié lande. Só lyk die Franse hoofstad tydens die tydperk van afsondering.

ʼn Enkele kraai is die enigste besoeker in die binnehof van die bekende Louvre-museum in Parys tydens die afsonderingstydperk. (Foto: Francois Mori, AP)

ʼn Verlate laan met die gebou van die Parys Opera in die verte. (Foto: Thibault Camus, AP)

Die Trocadero-plein en die Eiffeltoring is verlate sedert die algehele landwye staat van afsondering in Parys in werking getree het. (Foto: Lesdronographes, AP)

Enkele motors op die verlate Charles de Gaulle-plein met die Arc de Triomphe in die middel van die plein tydens die algehele staat van afsondering in Parys. (Foto: Lesdronographes, AP)

Place de la Nation, yl bevolk tydens die afsonderingstydperk. (Foto: Lesdronographes, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leon ·

Ek weet nie of ek oorsensitief is nie. Die foto van die Place de la Nation lyk die paaie soos ‘n 5 punt ster. Die 5 punt ster word altyd met Satanisme ge-assosieër. Frankryk was op ‘n stadium die middelpunt van Satanisme.
Dit is net vreemd as ‘n mens dink aan hoe die Covis-19 virus daar amok maak.
Ek wonder maar net.

Anel ·

Leon, ek dink jy is. Gaan kyk bietjie die geskiedenis verbonde aan die plein. Dis baie interesant. Om maar een ding te noem, baie mense se koppe het daar gewaai tydens die revolusie. En dis regtig ‘n baie mooi plein.
Dis eintlik erg om my grootworddorp so leeg te sien. Baie mooi herinneringe.

Anel ·

Ek dink so Leon. As jy ook mooi kyk sal jy sien een been maak nie die sogenaamde ster toe nie. Die plein het nogal ‘n baie interessante gedkiedenis. Die guillotine het ‘n permanente staanplek daar gehad tydens die revolusie. Baie se koppe het daar gewaai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.