Die wêreld in foto’s – 7 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense wat hul huise moes verlaat as gevolg van verwoestende brande kyk na die sonsondergang terwyl rook van die Ranch-brand in die lug hang by die Austin Park-strand in Clearlake, Kalifornië. Die Konocti-berg kan in die agtergrond gesien word. (Foto: Kent Porter, AP)

Portugal se Pedro Isidro stap Dinsdag verby ’n gedenkkerk in die 50 km-stapitem tydens die Europese Atletiekkampioenskap in Berlyn, Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

’n Metrotrein ry verby passasiers wat op ’n stasie in Praag in die Tsjeggiese Republiek wag. Twee deelnemers in die “LowCost Race”-reiskompetisie is deur ʼn treinoperateur toegelaat om ʼn metro-trein met passasiers in die Tsjeggiese hoofstad te beheer. (Foto: Petr David Josek, AP)

’n Groep Europese fietsryers neem Dinsdag deel aan die Europese Kampioenskap by die Velodrome in Glasgow, Skotland. (John Walton, AP)

Mense staan by die Romeinse akwaduk in Segovia, Spanje. Segovia is bekend vir sy Romeinse akwadukte, asook ou kerke en kastele. Die middestad van Segovia is in 1985 deur Unesco tot ’n wêrelderfenisgebied verklaar. (Foto: Guo Qiuda, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.