Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense wat hul huise moes verlaat as gevolg van verwoestende brande kyk na die sonsondergang terwyl rook van die Ranch-brand in die lug hang by die Austin Park-strand in Clearlake, Kalifornië. Die Konocti-berg kan in die agtergrond gesien word. (Foto: Kent Porter, AP)

Portugal se Pedro Isidro stap Dinsdag verby ’n gedenkkerk in die 50 km-stapitem tydens die Europese Atletiekkampioenskap in Berlyn, Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

’n Metrotrein ry verby passasiers wat op ’n stasie in Praag in die Tsjeggiese Republiek wag. Twee deelnemers in die “LowCost Race”-reiskompetisie is deur ʼn treinoperateur toegelaat om ʼn metro-trein met passasiers in die Tsjeggiese hoofstad te beheer. (Foto: Petr David Josek, AP)