Die wêreld in foto’s – 7 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Toeriste neem foto’s voor die historiese Spaanse trappe in Rome. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Die Notre Dame-katedraal in silhoeët terwyl omgewingsgroepe en vakbondlede ʼn nuuskonferensie bywoon om mense te waarsku teen looddeeltjies in die lug in die omgewing van die katedraal. Honderde ton giftige lood in Notre Dame se toring en dak het gesmelt tydens die brand in April. (Foto: Francois Mori, AP)

Mense kom byeen om te bid ter gedagtenis aan die oorledenes ná die massaskietery Sondag in Dayton, Ohio. Dié voorval, die tweede in minder as 24 uur in die VSA, het die lewe van etlike mense geëis. (Foto: John Minchillo, AP)

ʼn Gesin staan en kyk na van die ontploffings by ʼn militêre ammunisie-depot naby die stad Achinsk in die Krasnoyarsk-streek in die ooste van Siberië. Russiese amptenare sê 12 mense is beseer en een word vermis. Meer as 16 500 moes hul huise ontruim. (Foto: Dmitry Dub, AP)

ʼn Skoonmaakmasjien Woensdag in die reën besig op die Roemerberg-plein in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wie weet ·

Dankie vir al die fotos elke dag Sien niemand reply ontrent op die blad nie Elke dag is dit net stories oor roof moord ens Ons kort n leke positiewe storie so af en toe Kom Maroela gee ons bietjie iets om oor te lag oor Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.