Die wêreld in foto’s – 7 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het duisende jong dokters en mediese werkers ʼn vreedsame optog teen die Suid-Koreaanse regering se mediese beleid gehou.

Die protesoptog het groot kommer geopper oor die behandeling van Covid-19-pasiënte.

Duisende dokters en mediese werkers Vrydag in Seoel. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Dokters en mediese werkers tydens ʼn oomblik van stilte vir die slagoffers van die koronavirus. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Mediese werkers hou plakkate vas tydens ʼn protesoptog in Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Mediese werkers in Seoel betuig hul meegevoel ná die dood van Covid-19-slagoffers. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Jong dokters en mediese werkers tydens die protesoptog in Seoel. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae