Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
ʼn Reddingspan in Pidie Jaya-distrik in Indonesië soek na oorlewendes ná ʼn aardbewing dié gebied getref het. Die dodetal staan tans op 97, met meer as 600 beseerdes. Foto: Junaidi, Xinhua.
ʼn Polisieman van Kibi, Ghana, laat sy stem hoor tydens ʼn landswye verkiesing. Ghana se presidensiële en parlementêre verkiesing het vandag begin. Foto: Sunday Alamba, AP
ʼn Kind van Dhaka, Bangladesj, sorteer hemde by ʼn fabriek wat klere en ander materiale kleur. Volgens ʼn onlangse studie werk duisende Bangladesji-kinders wat in dié land se hoofstad woon, onwettig ongeveer 64 ure per week. Foto: A.M. Ahad, AP
David Beckham en sy seun, Cruz, kyk ʼn basketbal-wedstryd in Los Angeles in die VSA. Cruz (11) het pas ʼn enkelsnit, genaamd “If Every Day Was Christmas”, uitgegee. Foto: Mark J. Terrill, AP
ʼn Groep kraanvoëls by die Hula-meer in die noorde van Israel op hul migrasiepad van Europa na Afrika. Ongeveer 400 verskillende voël-spesies beweeg deur die Jordaan-vallei na Afrika en keer dan weer gedurende die jaar terug na Europa. Foto: Ariel Schalit, AP
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.