Die wêreld in foto’s – 7 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Palestynse betogers verbrand plakkate van die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, en Amerikaanse president, Donald Trump, gedurende ’n betoging in Gasastad. Dit volg in reaksie op Trump se besluit om Jerusalem as Israel se hoofstad te erken. (Foto: Khalil Hamra, AP)

Katalaanse pro-onafhanklikheid-ondersteuners drom saam naby die Europese Unie se kantoor in Brussel, twee weke voor die Spaanse streekverkiesings. (Foto: Virginia Mayo, AP)

Mej. Heelal 2017, Demi-Leigh Nel-Peters, saam met ander Mej. Heelal-finaliste en ’n gelukbringer van die grootste kitskos-kettingwinkel in die Filippyne, Jolibee, gedurende ’n ontmoeting in die Filippyne. (Foto: Bullit Marquez, AP)

’n Anonieme man van Parys met ’n Franse koerant wat berig oor die dood van die Franse musiekster en ikoon, Johnny Hallyday, in Parys, Frankryk. Hallyday is vroeg Woensdagoggend oorlede. (Foto: Francois Mori, AP)

Die voormalige Russiese minister van ekonomiese ontwikkeling, Alexei Ulyukayev, word na ’n hof in Moskou, Rusland, begelei. Daar word beweer dat Ulyukayev omkoopgeld van $2 miljoen aanvaar het. (Foto: Ivan Sekretarev, AP)

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.