Die wêreld in foto’s – 7 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Alina Zagitova van Rusland neem deel aan die Grand Prix-eindstryd vir ysskaats in Vancouver, Brits-Columbië. (Foto: Jonathan Hayward, AP)

Onlustepolisie reageer op betogers by Exarchia in Athene, Griekeland. Betogers het vandeesweek oor die hele Griekeland opgeruk ter herinnering aan Alexandros Grigoropoulos, ʼn tiener wat in 2008 deur ʼn polisiebeampte in Athene doodgeskiet is. Minstens 27 betogers is in Thessaloniki en Chania op Kreta gedurende die betogings in hegtenis geneem. (Foto: Marios Lolos, Xinhua)

ʼn Man sit in die ou stad Mosul, Noord-Irak. Irakse owerhede het Donderdag met opruimingswerk begin ná die antieke Al-Nuri-moskee verlede jaar tydens gevegte verwoes is. (Foto: Khalil Dawood, Xinhua)

Mense maak Vrydag reg vir ʼn vroeë oggendswem in die Middellandse See ondanks die koel weer in Beiroet, Libanon. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Die Kersboom by die Amerikaanse Kongresgebou word verlig tydens ʼn seremonie in Washington. (Foto: Manuel Balce Ceneta, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.