Die wêreld in foto’s – 7 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Besoeker inspekteer ’n submasjien-geweer, vervaardig deur ST Engeneering, tydens ’n lugskou in Singapoer. (Foto: Yong Teck Lim, AP)

Angela Merkel, die Duitse bondskanselier, vertrek Woensdag in ’n motor ná koalisiegesprekke by die hoofkantoor van die Christen-Demokrate in Berlyn. Die Christen-Demokrate (CDU) en die Sosiaal-Demokrate (SPD) het ’n koalisie-ooreenkoms aangegaan. (Foto: Bernd von Jutrczenka, AP)

Mike Pence, die Amerikaanse adjunkpresident, woon ’n gesamentlike aankondiging met die Japanese eerste minister, Shinzo Abe, by ná hul vergadering by Abe se amptelike woning in Tokio. (Foto: Toru Hanai, AP)

Mense klim die sneeubedekte trappe na die Montmartre-heuwel, met die Sacrée Coeur-basilika in die agtergrond in Parys, Frankryk. Swaar sneeuval het tot groot ontwrigting in die noordelike dele van Frankryk en in dié stad gelei. (Foto: Francois Mori, AP)

Lede van die Kanadese Olimpiese span daag op vir ’n verwelkomingseremonie by die Olimpiese- dorpie in Gangneung voor die afskop van die 2018 Olimpiese Winterspele in Suid-Korea. (Foto: Felipe Dana, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.