Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Besoekers by die AgroFarm 2019-uitstalling in Moskou, Rusland. Ongeveer 400 maatskappye van 30 verskillende lande het aan die uitstalling deelgeneem. (Foto: Alexander Zemlianichenko jr, Xinhua)

Lede van die King’s Troop Royal Horse-artillerie neem deel aan ʼn geweersaluut ter ere van koningin Elizabeth II se 67ste herdenking van haar toetrede tot die troon by Green Park in Londen, Brittanje. (Foto: Ray Tang, Xinhua)

Oostenryk se Stephanie Venier bereik die eindpunt van die vroue-afdeling se afdraande afrigting by die Wêreldbeker- Alpynse skitoernooi in Are, Swede. (Foto: Giovanni Auletta, AP)

ʼn Kasjmirse man loop op ʼn sneeubedekte pad in die buitewyke van Srinagar, Indië. Die vars sneeuval het daartoe bygedra dat lug- en padverkeer vir die tweede agtereenvolgende dag tussen Srinagar en Jammu ontwrig is. (Foto: Dar Yasin, AP)

Spelers van Panama se Los Toros de Herrera vier hulle oorwinning teen Puerto Rico se Cangrejeros de Santurce gedurende die Karibiese Reeks-bofbaltoernooi by die Rod Carew-stadion in Panama City. (Foto: Arnulfo Franco, AP)