Die wêreld in foto’s – 7 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense brand gedroogde eikehouttakke tydens ’n tradisionele seremonie op die Ortodokse Kersaand voor die St. Sava Serwies-Ortodokse Kerk in Belgrado, Serwië. Ortodokse Christene vier Kersfees op 7 Januarie. (Foto: Predrag Milosavljevic, Xinhua)

Anne Hidalgo, burgemeester van Parys, Christophe Castaner, die Franse minister van binnelandse sake, Nicole Belloubet, die minister van justisie, Franck Riester, die Franse minister van kultuur, en Laurent Nunez, die junior minister van binnelandse sake, woon Maandag ’n seremonie by tydens die vierde herdenking van die voorval in Parys toe 17 mense deur Islamitiese ekstremiste vermoor is tydens ’n aanval op die satiriese koerant Charlie Hebdo en ’n kosher-supermark in 2015. (Foto: Gonzalo Fuentes, AP)

Palestynse Grieks-Ortodokse Christene bid Maandag by die St. Porphyrios-kerk in Gasastad. (Foto: Khalil Hamra, AP)

Yu Dabao van China teken ’n punt aan tydens die tweede wedstryd van die AFC-Asiatiese Beker tussen China en Kirgisië in die Khalifa bin Zayed-stadion in Al Ain in die Verenigde Arabiese Emirate. (Foto: Hassan Ammar, AP)

Metropolitan Epiphanius, die hoof van die onafhanklike Oekraïense Ortodokse Kerk, lei Maandag die Kersfeesdiens in die St. Sophia-katedraal in Kiev, Oekraïne. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.