Die wêreld in foto’s – 7 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Zhao Jinxing (5) poseer vir ʼn foto by ʼn klaskamer van die Kongcheng-middelskool in die Kongcheng-nedersetting in Oos-China se Anhui-provinsie, saam met ander mense wat deur vloede geraak is. Die skool het ʼn tydelike skuiling geword vir plaaslike inwoners, wat deur die vloed wat onlangs die nedersetting getref het, geraak is. Foto: Xinhua/Wu Xiaoling(mcg)/ wire.africannewsagency.com

ʼn Besoeker maak ʼn strokie papier, met haar wens daarop geskryf, aan ʼn bamboestak vas vir die Sterfees of “tanabata” by ʼn tempel in Tokio, Japan. Volgens oorlewering word die hemelse gode, Orihime (die Vega-ster) en haar geliefde Hikoboshi (die Altair-ster) deur die Melkweg geskei en kan hulle net eenkeer ʼn jaar op 7 Julie bymekaar wees. In Japan vier mense dié fees deur wense op strokies papier te skryf en dit onder bamboesbome op te hang. Foto: Eugene Hoshiko via AP/ wire.africannewsagency.com

Die Sojoes FG-aanjaagvuurpyl met die Sojoes MS-ruimteskip, wat ʼn nuwe span na die Internasionale Ruimtestasie vervoer, word gelanseer in Kazakstan. Foto: Dmitri Lovetsky/wire.africannewsagency.com

Familielede, vriende en mede-lewensredders van Newport-strand juig en omhels mekaar by die onthulling van die nuwe Ben Carlson-standbeeld op McFadden-plein by die Newport-strandkaai in Kalifornië. Carlson, ʼn veteraan lewensredder by Newportstrand, is dood toe hy in Julie 2014 probeer het om ʼn swemmer te red. Foto: Leonard Ortiz/The Orange County Register via AP/ wire.africannewsagency.com

Terwyl tifoon Nepartak vinnig oor die Filippynse see beweeg, breek reuse branders teen die hawehoof in die Ilan-distrik aan die Ooskus van Taiwan. Nepartak sal die land na verwagting môre vroeg bereik. Foto: Johnson Lai via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Koei bestorm ʼn feesganger in die arena tydens ʼn daaglikse vermaaklikheidsessie ná die 2016 San Fermin-feeste in Pamplona, Spanje. Feesgangers van regoor die wêreld gaan jaarliks Pamplona toe om deel te neem aan die fees wat 8 dae duur. Foto: Daniel Ochoa de Olza via AP/ wire.africannewsagency.com

Polisie van Bangladesj kom aan by die toneel van ʼn ontploffing in Kishoreganj, sowat 90 kilometer noord van die hoofstad Dhaka. Islamitiese ekstremiste het vanoggend tuisgemaakte bomme gegooi en in ʼn skietgeveg met die polisie betrokke geraak wat ʼn groot Eid-gebed aan die einde van die heilige Moslemmaand, bewaak het. Die geweld kom etlike dae ná ʼn dodelike gyselaarskrisis by ʼn restaurant in Dhaka. AP Photo/ wire.africannewsagency.com

Brittanje se prins Harry ontmoet MIV-spesialiste by die King's College-hospitaal in die suide van Londen as deel van sy begeerte om meer te leer en internasionaal, asook in die Verenigde Koninkryk, openbare bewustheid te verhoog in die stryd teen MIV en vigs. Harry reis ook binnekort na Durban om by ʼn toespraak te lewer by die Wêreld Vigs-konferensie. Foto: Matt Dunham, Pool/ wire.africannewsagency.com

Brittanje se prins Harry ontmoet MIV-spesialiste by die King’s College-hospitaal in die suide van Londen as deel van sy begeerte om meer te leer en internasionaal, asook in die Verenigde Koninkryk, openbare bewustheid te verhoog in die stryd teen MIV en vigs. Harry reis ook binnekort na Durban om ʼn toespraak te lewer by die Wêreld Vigs-konferensie. Foto: Matt Dunham, Pool/ wire.africannewsagency.com

Soldate staan naby ʼn NAVO-hommeltuig voor die nasionale stadion in Warskou, Pole, waar die NAVO-beraad plaasvind. ʼn Tweedaagse NAVO-beraad begin môre, die eerste keer ooit dat die land gasheer sal wees vir ʼn top-vlak vergadering van die Westerse militêre alliansie, waarby Pole in 1999 aangesluit het. Czarek Sokolowski via AP/ wire.africannewsagency.com

Sylvie Rocard (regs), die weduwee van Michel Rocard en Franse president Francois Hollande (links) kyk na slippedraers wat die kis van die voormalige Franse Sosialistiese eerste minister, Michel Rocard, dra tydens sy begrafnis by die Unie de l’Etoile Protestante-kerk in Parys, Frankryk. Foto: Philippe Wojazer/Pool Photo via AP/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Barend ·

Dis nou nuus (vir my): ‘n Voormalige Franse eerste-minister was ‘n Protestant! En nogal ‘n sosialis! Of kom ek tot ‘n verkeerde gevolgtrekking?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.