Die wêreld in foto’s – 7 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Wêreld-foto

Turkse polisie en mediese personeel op die toneel van ʼn bomontploffing in Istanbul, Turkye. ʼn Polisievoertuig was die teiken en volgens berigte is 11 mense dood, sewe van hulle polisielede. Talle mense is beseer. Foto: Lefteris Pitarakis/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto

Die wrak van ʼn polisievoertuig ná ʼn bomaanval in die Fatih-distrik in Istanbul, Turkye. Foto: Xinhua/Cihan/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto

Roubeklaers by die begrafnis van Zabihullah Tamana in Kaboel. Tamana was ʼn Afgaanse vertaler wat saam met Amerikaanse joernalis David Gilkey vermoor is tydens ʼn militante aanval in die Helmand-provinsie in Afganistan. Foto: Xinhua/Rahmat Alizadah/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto

ʼn Brandende gebou in Saint-Denis in die noorde van Parys, Frankryk. Volgende berigte is minstens vyf mense dood en 11 beseer. Foto: Thibault Camus/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto

Hillary Clinton, die demokrate se kandidaat in die Amerikaanse verkiesing, neem ʼn selfie saam met ondersteuners by die California State-Universiteit in San Bernardino in Kalifornië. Foto: John Locher, File/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto

Tibetane in ballingskap luister na hul geestelike leier, die Dalai Lama, tydens ʼn godsdienstige gesprek by Tsuglakhang-tempel in Dharmsala, Indië. Foto: Ashwini Bhatia/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto

ʼn Pakistanse man laaf homself teen die hitte tydens die vastyd van Ramadan. Moslems van reg oor die wêreld vas gedurende Ramadan en weerhou hulle van kos, drank en sigarette van vroegoggend tot skemer. Foto: Anjum Naveed/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto

ʼn Bejaarde man gebruik ʼn waaier om homself te beskerm teen die son in ʼn park in Beijing, China. Verskeie buitelugaktiwiteite soos draak-bootresies word Donderdag tydens die Duanwy-fees aangebied. Foto: Mark Schiefelbein/ wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto

ʼn Duiker by S.E.A.-akwarium in Singapoer bemark Wêreld Oseane Dag wat op 8 Junie gevier word. Dié akwarium sal verskeie aktiwiteite aanbied om hierdie dag te vier. Foto: Xinhua/Then Chih Wey/ wire.africannewsagency.com

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.