Die wêreld in foto’s – 7 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Spanjaarde Rafael Nadal en Pablo Carreno Busta meet Woensdag kragte in die kwarteindronde van die Franse Ope in Parys. Foto: Petr David Josek, AP

Musaab Khidir van Katar en Han Kwang Song van die Demokratiese Volksrepubliek van Korea tydens ʼn vriendskaplike sokkerwedstryd tussen dié twee lande in die Jassim bin Hamad-stadion in Doha. Die wedstryd wat Woensdag plaasgevind het, het onbeslis geëindig. Foto: Nikku, Xinhua

Sher Bahadur Deuba, Nepal se nuwe premier, nadat hy Woensdag die ampseed afgelê het in die presidensiële gebou in Kathmandu. Dit is die vierde keer dat Sher Bahadur Deuba eerste minister van dié Himalaja-nasie is. Foto: Niranjan Shrestha, AP

Sergei Lawrow, Russiese minister van buitelandse sake, verwelkom die minister van buitelandse sake van Spanje, Alfonso Dastis Quecedo, voor hul vergadering Woensdag in Moskou, Rusland. Foto: Pavel Golowkin, AP

Die Iranse polisie het Woensdag beheer geneem van die toneel in Tehran waar verskeie aanvallers dié land se parlementsgebou bestorm het. ʼn Veiligheidswag is dood en 12 mense is in dié voorval beseer. Foto: Ebrahim Noroozi, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.