Die wêreld in foto’s – 7 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Man met ʼn geverfde gesig neem deel aan ʼn reënmaak-ritueel in Pring Ka-ek, noordwes van Phnom Penh, in Kambodja. Dié jaarlikse Boeddhistiese seremonie het Vrydag plaasgevind met die oog op die komende rysseisoen. (Foto: Heng Sinith, AP)

Amerika se Amanda Anisimova speel ʼn hou teen Australië se Ashleigh Barty tydens hul halfeindstryd in die Franse Ope-tennistoernooi in die Roland Garros-stadion in Parys. (Foto: Michel Euler, AP)

Toeriste met poncho’s in ʼn reënbui tydens ʼn besoek aan die Bath-abdy se kerkhof in dié stad in Engeland. (Foto: Ben Birchall, AP)

Cristiano Ronaldo van Portugal hardloop met ʼn bal tydens ʼn sokker-oefensessie in die Bessa-stadion in Porto, Portugal. Portugal sê Nederland Sondag die stryd aan in die eindstryd van die Uefa- nasionale liga. (Foto: Armando Franca, AP)

ʼn Skoonmaker buitekant 10 Downing Street in Londen. Die eerste minister, Theresa May, tree later vandag uit as leier van Brittanje se Konserwatiewe Party ná haar onvermoë om Brittanje betyds uit die Europese Unie te kry. Sy sal aanbly as premier totdat dié party ʼn opvolger aangewys het. (Foto: Matt Dunham, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae