Die wêreld in foto’s – 7 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Stewels van lede van die Chinese volk se bevrydingsleër word in ’n ry op ʼn basketbalveld in die Verbode Stad in Beijing vertoon. Die Verbode Stad, eens die geïsoleerde paleis van China se Ming- en Qing-keisers, is ʼn belangrike toeriste-aantreklikheid, geleë in die middel van die hoofstad. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

Die nuwe Italdesign POP.UP word Woensdag vir die media uitgestal by die 88ste Genève Motorskou in Genève, Switserland. (Foto: Martial Trezzini, AP)

ʼn Vrou ry in die sneeu in Chaoyang City in die noordooste van China se Liaoning-provinsie. Dié stad het Woensdag sneeuval beleef. (Foto: Chou Yijun, Xinhua)

Twee swartrenosters speel Woensdag in die sneeu in ʼn dieretuin in Dvur Kralove in die Tsjeggiese Republiek. Dié diere is bedreig. (Foto: Petr David, AP)

Besoekers tydens die mediavoorskou van die uitstalling van “Veronese: The Cuccina Cycle” in die Ou Meesters-galery van die Staatliche Kunstsammlungen Dresden in dié Duitse stad. Die Gemaeldegalerie Alte Meister beskik oor ʼn uitgebreide versameling skilderye van Paolo Caliari, genaamd Veronese (1528-1588). Onder die versameling is een van die meesterstukke van dié Venesiese skilder: die sogenaamde Cuccina-siklus. (Foto: Jens Meyer, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.