Die wêreld in foto’s – 7 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Hond kom by die Birmingham National Exhibition Centre (NEC) aan vir die eerste dag van die Crufts-hondeskou. Die jaarlikse Crufts-hondeskou lok honderde deelnemers wêreldwyd. (Foto: Aaron Chown, AP)

 

Mense vergader vir oggendgebed by die Camlica moskee in Istanboel. Dié moskee het Donderdag 7 Maart oopgemaak. Honderde mense het vir die heel eerste keer bymekaar gekom om saam by die grootste moskee in Klein-Asië te bid. (Foto: Emrah Gurel, AP)

 

’n Man ry fiets op ’n smal paadjie net voor sonsopkoms op ’n winderige Donderdagoggend in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

 

’n Snuffelhond en polisiebeamptes inspekteer die gebied waar ’n handgranaat-aanval Donderdag in Jammu, Indië, plaasgevind het. Volgens die polisie is minstens 18 mense beseer, van wie vier in ’n kritieke toestand is. Die granaat het by ’n busstasie in die Indies-beheerde deel van Kasjmir afgegaan. Die granaat is Donderdag by die hoofbusstasie in Jammu geslinger waar dit onder ’n bus ingerol en ontplof het. (Foto: Channi Anand, AP)

 

Litause president Dalia Grybauskaite (regs) verwelkom Georgia se president Salome Zourabichvili gedurende ’n verwelkomingseremonie by die presidensiële paleis in Vilnius, Litaue. (Foto: Mindaugas Kulbis, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Broempie ·

Hi MM-Span

Kyk net, ek dink die beskrywings van die laaste 2 fotos is nie reg nie.

Dankie

Anja van der Merwe ·

Dagsê Broempie,

Dankie vir jou boodskap. Jammer oor die oorsig. Die berig is alreeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Sulet ·

Die laaste foto is baie interessant. Gewoonlik word net Merkel van Duitsland se foto gedeel as voorbeeld van ‘n vroueleier .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.