Die wêreld in foto’s – 7 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Brittanje se prins Charles loer deur ʼn teleskoop tydens sy besoek aan Bu Tinah-eiland. Dié eiland is in die middel van Unesco se beskermde mariene gebied Marawah in die Persiese Golf, ongeveer 170 km wes van Abu Dhabi. Foto: AP Photo/Kamran Jebreili

Akteur Tom Cruise waai vir die skare ná ʼn perskonferensie oor sy nuwe rolprent, Jack Reacher: Never Go Back, in Seoel in Suid-Korea. Foto: AP Photo/Lee Jin-man

Stemmers in die Amerikaanse verkiesing trek hul kruisies in Los Angeles, Kalifornië. Volgens wet laat 37 state dit toe dat stemmers persoonlik of per pos mag stem die dag voor die amptelike stemdag. Ses state maak voorsiening vir ʼn afwesigheidstem mét ʼn verskoning en sewe state maak glad nie voorsiening vir vroeër stemme nie. Foto: Xinhua/Zhao Hanrong

Die son kom op tussen die rookwolke ná ʼn lugaanval in Bashiqa, wes van Mosoel, in Irak. Foto: AP Photo/Felipe Dana

Los Angeles Lakers se verdediger Jordan Clarkson vier sy driepuntdoel teen die Phoenix Suns gedurende die twee helfte van ʼn NBA-basketbalwedstryd in Los Angeles. Foto: AP Photo/Alex Gallardo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.