Die wêreld in foto’s – 7 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vrou juig haar perd toe wat deelneem aan die Melbourne Beker-resies in Australië. (Foto: Andy Brownbill, AP)

Personeellede stap deur rookmis by die presidensiële woning in Nieu-Delhi in Indië. (Foto: Manish Swarup, AP)

Stephen Curry van die VSA staan langs die kantlyn tydens die tweede helfte van ʼn basketbalwedstryd in Oakland, VSA. (Foto: Ben Margot, AP)

ʼn Werker maak ʼn wynkruik reg by ʼn rysfabriek in Shaoxing in China. (Foto: Xu Yu/Xinhua)

Polisiebeamptes baan die weg vir die voertuig van die voormalige premier, Nawaz Sharif, van Pakistan waar hy op pad is om in die hof te verskyn weens aanklagte van korrupsie. (Foto: Anjum Naveed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.