Die wêreld in foto’s – 7 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Brian Kemp, die Republikeinse goewerneurskandidaat in Georgia, hou Woensdag duime in die lug vir sy ondersteuners in Athene. (Foto: John Bazemore, AP)

Mense loop Woensdag verby ’n groot openbare TV-skerm in Tokio wat ’n nuusprogram oor die Amerikaanse midtermynverkiesings uitsaai. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Die Chinese lugmag se K-8-vliegtuie Woensdag tydens die 12de Chinese Internasionale Lugvaart- en Lugskou, ook bekend as Airshow China 2018, in Zhuhai stad in suid China se Guangdong-provinsie. (Foto: Kin Cheung, AP)

’n Indiese handelaar voer Woensdag ’n ritueel uit tydens Chopada Pujan, ’n massa-gebedsplegtigheid by die Swaminarayan-tempel in Ahmadabad, Indië. Dié geleentheid word toegewy aan die aanbidding van die finansiële boeke van Diwali, die jaarlikse Hindoe-fees van ligte. (Foto: Ajit Solanki, AP)

Rabbi Yehuda Teichtal en Rabbi David Gewirtz bid Woensdag tydens ’n spesiale geleentheid by die Joodse Tradisionele Skool in Berlyn. Dié geleentheid gedenk die slagoffers van die 9 November 1938-terreuraanval teen die Jode in Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.