Die wêreld in foto’s – 7 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Sacramento Kings se Anthony Tolliver (43) spring uit bó die Golden State Warriors se Draymon Green tydens die tweede helfte van ʼn voorseisoen NBA-basketbalwedstryd. Foto: Tony Avelar / AP

Indiese soldate patrolleer die strate nadat ʼn aandklokreël ingestel in Srinagar in die Indies-beheerde Kasjmir. Die reël is ingestel om ʼn protesoptog deur separatisteleiers wat teen Indiese oorheersing gekant is te voorkom. Foto: Dar Yasin / AP

Pres. Juan Manuel Santos van Colombië is Vrydag aangewys as die ontvanger van die Nobelprys vir vrede. Dié foto is geneem ná Sondag se referendum om te bepaal of die vredesooreenkoms met die FARC-rebelle gesteun word of nie. Foto: Ricardo Mazalan / AP

ʼn Man baai in die vlakwater op ʼn strand in Dubai. Foto: Kamran Jebreili / AP

Besoekers aan Singapoer se historiese “Little India”-gebied Vrydag tydens ʼn reënbui. Foto: Then Chih Wey / Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.