Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Te midde van die Covid-19-pandemie het botsings tussen die veiligheidsmagte van Azerbeidjan en Armenië in Stepanakert, Nagorno-Karabach, Woensdag voortgeduur.
Armenië het Azerbeidjan daarvan beskuldig dat hulle missiele in die hoofstad van Nagorno-Karabach afgevuur het, terwyl Azerbeidjan van mening is dat hul tweede grootste stad aangeval is, sowel as talle ander dorpe.
Nagorno-Karabach lê in Azerbeidjan, maar is al vir meer as ʼn kwarteeu onder die beheer van etniese Armeense magte.
Volgens Artsrun Ovannisian, woordvoerder vir die Armeense departement van verdediging, is Stepanakert en ander nedersettings deur Azerbeidjan geteiken. Nagorno-Karabach-amptenare sê dat woongebiede in Stepanakert deur missiele en hommeltuie getref is. Azerbeidjan het egter aangevoer dat dié bewerings vals is.
Só lyk Stepanakert in Nagorno-Karabach.

ʼn Woongebied is verwoes tydens botsings tussen Azerbeidjanse en Armeense magte. (Foto: Areg Balayan/ArmGov PAN, AP)
Só lyk Azerbeidjan se tweede grootste stad, Ganja.

ʼn Historiese gebou in Ganja is vernietig tydens botsings met Armeense magte in Azerbeidjan. (Foto: DHA, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Erdogan van Turkye se betrokkenheid daar laat my wonder wat gaan Poetin van Rusland doen. Dit is mos glo sy verjaardag vandag.