Die wêreld in foto’s – 8 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan om die verspreiding van die koronavirus hok te slaan. Intussen het ʼn Nederlandse egpaar, wat ʼn tulpeveld in Italië geplant het, tulpe per hand begin aflewer in ʼn poging om die tradisie om jou eie tulpe te pluk aan die lewe te hou. Só lyk dié pragblomme.

(Foto: Antonio Calanni, AP)

(Foto: Antonio Calanni, AP)

(Foto: Antonio Calanni, AP)

(Foto: Antonio Calanni, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Ons was bevoorreg om ‘n jaar terug ‘n daggie op die tulpvelde deur te bring. Woorde kan die kleure, geure en amper gewyde atmosfeer kan nie met woorde beskryf word nie. Dit was ‘n absoluut onbeskryflik, verruklike ervaring. Ons ken wuiwende graan, blokke blougroen mielies, sonneblom en Kanola, maar daar is ‘n malse kleurespel sover as die oog kan sien. Van Kanola gepraat. oppad daarheen was die wêreld goudgeel want langs die snelweë en langs die dykwalle op was die Kanola in volle blom – alles net vir die mooi want dit word nie ge-oes nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.