Die wêreld in foto’s – 8 Augustus 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

‘n Vrywilliger help om palmolie bymekaar te maak wat aan die kus van die Lamma-eiland van Hongkong uitgespoel het. Die olie het uitgespoel ná ’n botsing tussen twee skepe. (Foto: Vincent Yu, AP)

Arbeiders wat ’n daaglikse loon verdien, rus in die strate van Nieu-Delhi, Indië, terwyl hulle vir hul tee wag. (Foto: Vaishnavee Sharma, AP)

’n Man stap na die stembus in Eseki om sy kruisie te trek in Kenia se nasionale verkiesing. Kiesers moet tussen Uhuru Kenyatta, wat tans die president is, en sy teenstander, Raila Odinga, kies. (Foto: Jerome Delay, AP)

’n Hond hardloop deur grasvelde in die buitewyke van Frankfurt in Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Talle mense beoefen tai chi tydens China se nasionale fiksheidsdag. (Foto: Xu Zhongting, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.