Die wêreld in foto’s – 8 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die diskusgooier Marcus Nilsson van Swede Woensdag in aksie tydens die Europese Atletiekkampioenskap by die Olimpiese stadion in Berlyn, Duitsland. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Greenpeace-aktiviste heg ʼn banier aan die Schneefern-gletser op Duitsland se hoogste berg, Zugspitze, in Grainau in Suidelike Duitsland. Die banier lui: “Somer 2018: hitte, droogte, smeltende gletsers – raak nou ontslae van steenkool!” (Foto: Peter Kneffel, AP)

Die reusepanda Fu Ban en sy ma, Yang Yang, maak geskenke oop by die Schonbrunn-dieretuin in Wene, Oostenryk. Die tweelingpandas Fu Feng en Fu Ban het hul tweede verjaardagpartytjie saam met hul ma gevier met geskenke, pakkies aartappels, wortels en spesiale bamboeslote. (Foto: Liu Xiang, Xinhua)

Brandbestryders sukkel om vlamme geblus te kry tydens die Ranch-brand wat deel vorm van die Mendocino-kompleksbrand naby Ladoga in Kalifornië. (Foto: Noah Berger, AP)

ʼn Afghaanse gesondheidswerker dien Woensdag ʼn inenting aan ʼn kind toe tydens ʼn teenpolio-veldtog in die ou deel van Kaboel, Afghanistan. (Foto: Rahmat Gul, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.