Die wêreld in foto’s – 8 Desember 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Nadat ʼn verwoestende aardbewing die dood van meer as 100 mense vroeër dié week in Indonesië veroorsaak het, het verskeie hulporganisasies tot dié land se redding gekom. Beseerdes ontvang tans mediese sorg in ʼn hospitaal in Meureudu in die Aceh-provinsie. Foto: Binsar Bakkara, AP

wêreld-foto

Familielede van die 47 slagoffers wat Woensdag in ʼn vliegongeluk in die noordweste van Pakistan omgekom het, verenig in gebed in Islamabad terwyl hulle op hul geliefdes se lyke wag. Die Pakistanse weermag vervoer die oorskot van die slagoffers per helikopter na ʼn hospitaal in Islamabad, Pakistan se hoofstad. Foto: Anjum Naveed, AP

wêreld-foto

Filippynse seuns Donderdag aan’t baljaar in vloedwater in ʼn straat in Manila nadat hewige reën oorstromings in laagliggende gebiede van dié stad veroorsaak het. Foto: Aaron Favila, AP

wereld-foto-3

Vroue van die Dong-etniese groep Donderdag in tradisionele drag tydens ʼn plaaslike sangkompetisie in Zaima-stad in China se Guizhou-provinsie. Foto: He Chunyu, Xinhua

wêreld-foto

ʼn Man in Lahore, Pakistan, Donderdag op pad met ʼn vrag herwinbare materiaal. Verskeie stede in Pakistan gaan gebuk onder swaar mistige toestande wat lug- en padvervoer bemoeilik. Foto: KM Chaudary, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.