Die wêreld in foto’s – 8 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kashmiri Moslems skree slagspreuke soos “Weg met Amerika” en “Weg met Israel” tydens ’n betoging in Budgam, Kashmir, teen pres. Donald Trump se besluit om Jerusalem as Israel se hoofstad te erken. (Foto: Dar Yasin, AP)

Die Britse eerste minister, Theresa May, vergader met die Europese Raadspresident, Donald Tusk, voor ’n vergadering by die Europa-gebou in Brussel. Dié ontmoeting kom te midde van gesprekke rondom die kwessie oor die Ierse grens. (Foto: Geert Vanden Wijngaert, AP)

Die doodskis van Jean d’Ormesson word by die Hotel des Invalides in Parys, Frankryk, uitgedra. Jean d’Ormesson, ’n openbare figuur van die gesogte Academie Francaise wat deur die Franse president Emmanuel Macron die “prins van briewe” genoem is, is Dinsdag in die ouderdom van 92 oorlede. (Foto: AP Photo/Francois Mori)

Switserland se Michelle Gisin neem deel aan die slalom-gedeelte van ’n vrouewêreldbeker-skitoernooi in die Alpe in St. Moritz, Switserland. (Foto: Marco Trovati, AP)

’n Verkiesingsbeampte in Nepal maak ’n stembus vol stembriewe leeg voordat dié stemme getel word. Die verkiesing is gehou in die hoop om die regering nader aan afgesonderde dele in dié land te bring. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.