Die wêreld in foto’s – 8 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Gemaskerde deelnemer Donderdag op die eerste dag van die karnaval in Lucerne in Switzerland. (Foto: Urs Flueeler, AP)

’n Vrou skree slagspreuke gedurende ’n optog buite die Gangneung- kunssentrum, waar Noord-Korea se Samjiyon-kunsgroep geskeduleer is om op te tree kort voor die aanvang van die 2018 Olimpiese Winterspele in dié stad in Suid-Korea. (Foto: Jae C. Hong, AP)

Gianni Infantino, (middel), die president van Fifa, skop ’n sokkerbal gedurende ’n besoek aan ’n stadion waar jong sokkerspelers opgelei word in Hanoi, Viëtnam. Infantino is op ’n blits-besoek aan dié land om Viëtnamese amptenare te ontmoet oor Fifa se hulp om sokker in dié land te ontwikkel. (Foto: Tran Van Minh, AP)

Jenny Forgie besig om te werk aan ‘n orgideë-uitstalling by Kew Gardens in Londen. Dit is die eerste uitstalling met ’n Thaise- tema wat op dié orgidee-fees, die 23ste van sy soort, aangebied word. Soveel as 66 vrywilligers het gewerk aan uitstallings met 6 950 plante. (Foto: Frank Augstein, AP)

Ulrich Spiesshofer, uitvoerende hoof van die ABB Groep, Donderdag aan die woord op die jaarlikse nuuskonferensie waartydens die finansiële resultate vir 2017 van dié Switserse-Sweedse ingenieursmaatskappy in Zürich, Switserland, bekendgemaak is. (Foto: Ennio Leanza, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.