Die wêreld in foto’s – 8 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense plas in die water om die Sjinese Nuwejaar by Selat Panjang in Riau, Indonesië te vier. (Foto: Afrianto Silalahi, Xinhua)

Lede van die Shan- etniese groep lewer ʼn uitvoering tydens ʼn seremonie ter viering van die 72ste bestaansjaar van die Shan-staat in Jangon, Mianmar. (Foto: U Aung, Xinhua)

ʼn Man lees ʼn boek tydens die internasionale boekebeurs in Bagdad, Irak. Honderde uitgewers en lesers woon hierdie mark by wat Donderdag begin het. (Foto: Khalil Dawood, Xinhua)

ʼn Model in skeppings uit die Badgley Mischka-versameling tydens die New York-modeweek. (Foto: Mary Altaffer, AP)

Die 2020 Alfa Romeo Giulia word vertoon tydens die voorskou van die Chicago-motorskou in McCormick Place in Chicago. Die Chicago-motorskou is oop vir die publiek van 9 tot 18 Februarie. (Foto: Nam Y Huh, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

IK ·

Uitstaande fotografie. Ek is maar ‘n leek maar kan my verkyk aan die vaardighede van fotograwe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.