Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Owerhede besig by die wrakstukke van ’n Oekraïense vliegtuig wat in Shahedshahr, Iran, neergestort het. (Foto: Ebrahim Noroozi, AP)

’n Betoger swaai die nasionale vlag in die strate naby Tahrir-plein tydens ’n betoging teen die Iranse missielaanval in Bagdad, Irak. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

ʼn Brandweerman blus ʼn beheerde brand naby Tomerong, Australië, in ’n poging om ’n groter brand in die omgewing te beheer. (Foto: Rick Rycroft, AP)