Die wêreld in foto’s – 8 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Filippynse man “vaar” op ʼn polistireenskuimblok terwyl ander deur vloedwater waad op paaie in voorstedelike Mandaluyong, oos van Manila, Filippyne. In die Filippynse hoofstad Manila en omliggende provinsies is klasse by baie skole gekanselleer weens stormweer en vloede ná tifoon Nepartak storms tydens die reënseisoen vererger het. Foto: Aaron Favila via AP/ wire.africannewsagency.com

Mense kom byeen om ’n reuse-stoofpot te sien op die Baotouplein, Noord-China. Die reuse-stoofpot, wat nege meter hoog is en ’n deursnee van nege meter het, is drie meter bo die grond, bevat 24 potte en kan tot 100 mense gelyktydig van kos voorsien. Foto: Xinhua/Deng Hua (LFJ)/ wire.africannewsagency.com

Yuan Shanshan, die vrou van Chinese prokureur Xie Yanyi wat in aanhouding is, neem ’n blaaskansie tydens ’n onderhoud in hul woonstel in Miyun, aan die buitewyke van Beijing. Die Chinese regering het sy strengste maatreëls nog teen menseregte-prokureurs en -aktiviste op 9 Julie 2015 ingestel. Honderde mense is landwyd gevang of ondervra in die veldtog. Byna twee dosyn prokureurs, onder wie Xie, bly in aanhouding en staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder omverwerping van staatsmag. Mark Schiefelbein via AP/ wire.africannewsagency.com

Sokkergeesdriftiges in Valve, Wes-Duitsland, kyk na die Euro 2016-halfeindstryd tussen Frankryk en Duitsland wat in Marseille gespeel is. Duitsland het 0-2 verloor. Foto: Bernd Thissen/DPA via AP/ wire.africannewsagency.com

Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, inspekteer die erewag by ’n verwelkomingseremonie by die Uniegebou in Pretoria op die tweede been van sy viernasie-Afrikatoer. Modi sal twee dae in Suid-Afrika deurbring. Denis Farrell via AP/ wire.africannewsagency.com

Kambodjaanse dansers voer ’n plaaslike dans genaamd “Ting Moang” op tydens die Boeddhistiese Vastyd in die dorp Svay Att, noordoos van Phnom Penh, Kambodja. Kambodjane hou ’n week lange optog ter viering van die Boeddhistiese Vastyd. Foto: Heng Sinith via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Feesganger glimlag in die bul-arena terwyl sy wag vir die aanvang van die tweede Stormloop van die Bulle by die San Ferminfees in Pamplona, Noord-Spanje. ’n Hospitaal het bekend gemaak dat vyf mense beseer is tydens die vermaaklikhede waarheen feesgangers van oor die wêreld jaarliks stroom vir die agt dae lange fees. Foto: Alvaro Kink via AP/ wire.africannewsagency.com

’n Dallas-polisiebeampte, wat nie geïdentifiseer wou word nie, diep ingedagte terwyl sy ’n oorgang in die vroeë oggendure bewaak ná ’n skietery in die middestad van Dallas. Minstens twee skerpskutters het gisteraand op polisiebeamptes tydens betogings in Dallas losgebrand. LM Otero via AP/ wire.africannewsagency.com

The New European, ʼn splinternuwe weekblad wat elke Vrydag vir vier weke gaan verskyn, vorm hier deel van ’n uitstalling buite ʼn winkel in sentraal-Londen. Die koerant is gemik op die 48 persent van die bevolking wat in verlede maand se referendum gestem het om deel van die EU te bly. Foto: Matt Dunham via AP/ wire.africannewsagency.com

Lede van die Italiaanse Nogravity-dansgeselskap lewer ’n vertoning, “From hell to paradise, Trips of the soul”, by die Julio Mario Santo Domingo-teater in Bogota, Colombië. Die dansers hang van kabels en toue af in die lug en voer die vertoning agter ʼn halfdeursigtige skerm op. Foto: Fernando Vergara via AP/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.