Die wêreld in foto’s – 8 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Feesgangers hardloop langs ʼn bulle-stormloop van die Cebada Gago-plaas tydens die fees van die bulle in San Fermin in Pamplona, Noord-Spanje. Feesgangers van oral in die wêreld trek jaarliks saam om agt dae lank deel te wees van dié geleentheid. Volgens owerhede is vier feesgangers al op die tweede dag van die fees tydens die bulle-stormloop beseer. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

ʼn Man hardloop vroeg Maandagoggend tussen landerye aan die buitewyke van Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Teddy Riley tree op by die 2019 Essence-fees by die Mercedes-Benz Superdome in New Orleans. (Foto: Amy Harris, AP)

ʼn Vlieëvanger skuil in ʼn boom teen die swaar reën in Dharmsala, Indië. Indië se reënseisoen strek van Junie tot September. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

Australië se Ashleigh Barty slaan die bal terug na die VSA se Alison Riske tydens ʼn vroue-enkelwedstryd op die sewende dag van die Wimbledon tennistoernooi in Londen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.