Die wêreld in foto’s – 8 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het wildbewaarders die eerste foto’s geneem van gorillas wat glo naby aan uitsterf was.

Die versteekte kameras het ʼn groep Kruisrivier-gorillas saam met hul babas by die Mbe-bergreeks in Nigerië vasgevang. Die foto’s dien as bewys dat pogings om dié spesie te beskerm, suksesvol is.

Só lyk die seldsame gorillas.

ʼn Kruisrivier-gorilla in sy natuurlike habitat. (Foto: WCS Nigerië, AP)

ʼn Groep seldsame Kruisrivier-gorillas by die Mbe-bergreeks in Nigerië. (Foto: WCS Nigerië, AP)

ʼn Versteekte kamera het foto’s geneem van ʼn groep gorillas, wat glo naby aan uitsterf was, by die Mbe-bergreeks in Nigerië. (Foto: WCS Nigerië, AP)

ʼn Kruisrivier-gorilla met ʼn baba op haar rug in Nigerië. (Foto: WCS Nigerië, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.