Die wêreld in foto’s – 8 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense by die begrafnis van Esra en Hakan Tekin by die Istanbul-universiteit. Dié Turkse egpaar was slagoffers van Dinsdag se ontploffing in dié Turkse stad. Die bom was bedoel vir ʼn bus met lede van die onlustepolisie, maar talle burgerlikes is gewond en dood in dié aanval. Foto: AP / Emrah Gurel / www.africannewsagency.com

Dansers besig met voorbereiding vir die jaarlikse Draakboot-fees in die Zigui-streek van China se Hubei-provinsie. Dié fees word vanjaar op 9 Junie gevier. Foto: AP / Xiao Yijiu / www.africannewsagency.com

ʼn Lid van die Goud-familie besig om ʼn pasiënt ʼn kuur teen asma toe te dien in Hyderabad in Indië. Die Bathini Goud-familie dra dié kuur wat berus op ʼn geheime formule van die een geslag na die ander oor. Kruiemedisyne word in die bek van ʼn lewende sardyn geplaas voordat dit in die pasiënt se keel geplaas word. Foto: AP / Mahesh Kumar / www.africannewsagency.com

Pous Franciskus poseer vir ʼn foto saam met vlugtelinge van die San Francesco-vereniging ná sy weeklikse oudiënsie op die St. Petrus-plein by die Vatikaan. Foto: AP / Fabio Frustaci / www.africannewsagency.com

Baniere en plakkate wat by die Lancome-toonbank in ʼn winkel in Hongkong agtergelaat is ná ʼn betoging. Dié Franse kosmetiekhuis het ʼn herrie ontketen toe hy ʼn promosie-konsert met Denise Ho, bekend vir haar pro-demokrasie-oortuigings, gekanselleer het. Foto: AP / Kin Cheung / www.africannewsagency.com.

ʼn Naasbestaande van een van die slagoffers van Dinsdag se bomontploffing in Turkye vee die gesig van ʼn Turkse polisiebeampte af tydens die begrafnis van twee van die slagoffers in die Faith-moskee in Istanbul. Foto: AP / Lefteris Pitarakis / www.africannewsagency.com

Kinders staan by gestoomde rolletjies in die vorm van tiere by ʼn winkeltjie in Zezhang in die noorde van China se Shanxi-provinsie. Met dié rolletjies word die voorvaders vereer en gebid vir voorspoed tydens die Duanwu-fees, ook bekend as die Draakboot-fees. Foto: AP / Gao Xinsheng / www.africannewsagency.com

Kollegas van een van die polisiebeamptes wat Dinsdag in die bomontploffings in Turkye gesterf het by die Faith-moskee in Istanbul. Foto: AP / Lefteris Pitarakis / www.africannewsagency.com

Shaquille O’­Neal en Sean Rooks in ʼn foto wat op 14 Oktober 1996 geneem is. Rooks, voormalige NBA-senter en die afrigter van die Philadelphia 76-ers, is Dinsdag in New York dood. Hy was 46. Foto: AP / Chris Pizzello / www.africannewsagency.com

Perde wei op die Fenghuang-perdeplaas in Xilinhot in die noorde van China. ʼn Mongoolse perde-fotografiekompetisie is in Xilinhot, dié land se hart van die perdebedryf, gehou. Foto: AP / Yang Zijian / www.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jeannie du Plessis ·

Daars soveel tragedies in die wêreld, maar by dit ook soveel omgee. Ek dink elkeen van ons wens dat daar weer vrede op die mooie aarde van ons kan wees en dat elkeen weer n reg sal hê om sy eie geloof te kan uitleef … met respek en verantwoordelikheid teenoor ander.
Dankie vir die fotos wat die gebeure weerspiëel en vir die mooi foto om net ook die mooiheid wat nog oral om ons is ook te wys.

Denise ·

Ek geniet die fotos dit laat my goed voel om te sien daar is nog mooi dinge om te geniet!!!!!!

Christo ·

+Hoekom het Maroela die laastetyd so baie fotos van China en Indie .Is dit om polities korek te wees in die BRICS lande.Agnee gee ons fotos van westerse lande waar ons voorouers van dan kom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.